Stella Artois

Stella Artois is 'n pilsnerbier,[1][2] wat die eerste keer in 1926 deur Brouwerij Artois in Leuven, België, gebrou is. In sy oorspronklike vorm is die bier 5,2 persent alk/vol, die land se standaard vir pilsners. Die bier word ook in ander lande verkoop, insluitend die VK, Ierland, Kanada en Australië, waar dit 'n verlaagde alkoholwaarde het.[3] Stella Artois word besit deur Interbrew International BV wat 'n filiaal is van die wêreld se grootste brouer, Anheuser-Busch InBev SA/NV.[4]

Stella Artois se brouery in Leuven
Die wêreldwye Stella Artois-bottel
  1. McFarland, Ben. "Stella Artois". Craft Beer and Brewing. Besoek op 2 Julie 2019.
  2. Jackson, Michael (30 Julie 1999). "Belgium's Great Beers". Beer Hunter. Besoek op 2 Julie 2019.
  3. "Inbev expected to launch 4% Stella Artois". Morning Advertiser. 24 Junie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2012. Besoek op 26 Junie 2009.
  4. "Company Overview of Interbrew International B.V." Bloomberg Research. Bloomberg L.P.access-date=5 February 2017. 2016.

Developed by StudentB